Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Briljante Blouwillem verdien ’n speenvark

Hoekom noem hulle hom Blouwillem? Hy verdien nie ’n naam wat klink soos blou Maandag nie.

Sou Willem Sonskyn nie beter gewees het nie? Hy wat met sy Maandag-rubriek altyd ’n vonkel in Volksblad bring.

Hoeveel blye dekades doen hy dit nie al nie? En hy raak nie uitgebrand nie. Hy gooi net meer stronke, of dalk miskoeke, op sy gloeiende vuurtjie.

Wanneer ons Volksblad Maandagoggend oopslaan, is die eerste kommentaar altyd: “Wat sê Blouwillem vandag?”

Watter spyker slaan hy nou weer op die kop? Watter kwinkslag is daar nou weer? Waarmee gaan hy vandag ons dag maak – ons droewe dag opkikker?

Hy het die kuns bemeester om aan ons soetste taal ’n sprankel te gee wat inskop soos ’n weerligstraal. Waar kom hy aan al die lekkerlees-Afrikaans, die pittige humor?

Waardeer ons die woema wat hy in ons taal sit genoeg? Is dit nie tyd dat ons hom ’n slag eer en bedank nie? Al is dit met ’n speenvark of ’n kalkoen vir Kersfees. Ons waardeer die lag in droewe tye!

Meer oor:  Blouwillem  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.