Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Broedertwis in die kleine’ in konteks

Om die broedertwis in die kleine tussen prof. Anton van Niekerk van die Universiteit Stellenbosch (US) en prof. Danie Goosen van Akademia oor die rol van ’n openbare universiteit te kan verstaan, moet die verlede eers verken word.

Die Nederlandse teoloog en medestigter van die Vrije Universiteit van Amsterdam, Abraham Kuyper (1837-1920), het die idee van ’n “geroepe” en “uitverkore Calvinistiese volk” as deel van sy dogma wyd verkondig.

Verskeie prominente Suid-Afrikaners, onder andere Hendrik Verwoerd, sou as student onder die invloed van Kuyper se sieninge kom.

Die idee dat die Afrikaner “spesiaal” en “uitverkies” was, het die Afrikaner begeester en word vergestalt as ’n vorm van separatisme, wat weldra sou lei tot die dogma van apartheid, soos amptelik verkondig deur dr. D.F. Malan in 1948.

Goosen se siening dat die universiteit as instelling prinsipieel daarom gaan om jou mense, jou eie gemeenskap te bedien, het sy wortels in die begrip van “eie sake” en die eksklusiwiteit wat daarmee gepaard gaan.

Vir hom gaan dit oor die eiesoortige groep, terwyl Van Niekerk die klem plaas op die rol van die individu as lid van ’n breë samelewing en die oorhoofse behoefte van ’n land.

Eenvoudig gestel, Akademia is ’n aangepaste verlengstuk van die ou apartheidsidee van ’n soewereine en eiesoortige wêreldbeskouing, terwyl Van Niekerk se werkgewer ’n voorbeeld is van ’n openbare instelling wat Suid-Afrikaners (en ’n handjie vol buitelanders) oplei om ’n daadwerklike bydrae te kan maak tot die breë samelewing, ongeag herkoms, taal en kultuur.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.