Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bruin en wit roei in dieselfde bootjie

Ek lewer graag kommentaar op Johann Maarman se rubriek (22.02). Die opskrif kon dalk soos volg ook lui: “Minderheidsgroep/e word geïgnoreer”.

Johann, ek voel saam met wat jy sê: Die bruin gemeenskap word steeds ontken, en al probeer hulle watter bydrae tot die land lewer, dit word onder die mat gevee.

Maar die bruin gemeenskap is nie die enigste minderheidsgroep nie, en ek kan jou verseker die wit gemeenskap roei op baie gebiede in dieselfde bootjie as die bruin gemeenskap.

Die feit dat ’n bruin persoon van sy plaas verwyder word om plek te maak vir ’n “comrade” is nie toevallig nie, maar die persoon kon netsowel wit gewees het. Ek sien nie dat die ANC enige plan het om wit mense te bevoordeel met enige toekomstige planne om die ekonomie te help groei nie. Ook nie die bruin gemeenskap nie.

Dit gaan dalk uiteindelik afhang of dié twee minderheidsgroepe hulself gaan bemagtig – soos om hul eie universiteit te bou – om eendag bo uit te kom.

Dit bly ongemaklik, maar dit is ons keuse of ons wil stagneer omdat ’n regering ons ontken, en of ons wil uitstyg.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.