Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bul-trane wys pas spelpatroon aan

Soos soveel ander wil ek glo dat weinig sou voorspel het dat die Bulle Saterdag ’n drag slae sou kry. Ek volg Europese rugby en my aanname dat die Bulle se voorspelers die deurslag sou gee, was nie vergesog nie.

Nietemin, die telbord het die laaste sê.

Tog sou dit onregverdig wees om Suid-Afrikaanse rugby aan dié enkele vertoning van die Bulle te meet.

Niemand sal ontken dat Benetton op die dag verdien het om te wen nie. Maar hoekom die rugbyprogram hom so sou uitspeel dat die Bulle aan twee fronte met verswakte spanne sou moes gaan meeding, sal net diegene wat met die bepalings doenig was, weet.

Waarom nie net vir hierdie eindstryd al jou spelers tot jou beskikking hê nie?

Een swaeltjie maak nie ’n somer nie, maar as jy sonder ’n klompie sleutelspelers moet klaarkom, is hierdie punt debatteerbaar.

Dit is ’n gegewe dat die spelpatroon van die Noordelike Halfrond se spanne verskil van dié van die Suidelike Halfrond en dat ons benadering tot die spel meer gebalanseerd moet wees.

Kragspel alleen gaan nie altyd die deurslag gee nie.

Ons sal hopelik ’n verandering in die spelpatroon teweegbring.

Meer oor:  Blou Bulle  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.