Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bun neem my op pad van heimwee

Aktueel van Bun Booyens (13.08) het my jare teruggeneem op ’n pad van heimwee.

Ná matriek (1962) het dit my nog tien jaar geneem om matriekvrystelling te kry. Op Stellenbosch het ek aan die dosente se lippe gehang; lieflike, suiwer en fantastiese Afrikaans!

Alle lesings was uitstaande, maar een geografieklas was besonders. Die dosent het begin met ’n aanhaling uit “Winternag”van Eugène Marais:

“O treurig die wysie / op die ooswind se maat, / soos die lied van ’n meisie / in haar liefde verlaat, / In elk’ grashalm se vou / blink ’n druppel van dou, / en vinnig verbleek dit / tot ryp in die kou.”

En toe dié treffer uit sy mond: “Poëties en letterkundig wonderlik, maar klimatologies totaal verkeerd! Want dit is nie hoe ryp gevorm word nie.”

Dankie vir ons mooi koerant.

Meer oor:  Bun Booyens  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.