Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Burgemeester wou nie na my luister nie

Die stand van munisipaliteite, luidens die OG-verslag, het betrekking. Dit is ’n skande dat die Vrystaat weens wanpraktyke en onkundigheid geen munisipaliteit met ’n skoon oudit het nie. As ek die luukse motors en paleise van munisipale amptenare sien, wonder ek hoe kry hulle dit reg en hoekom munisipaliteite met kontantvloeiprobleme sit.

In die Goudveld verswelg ons van rou riool. Die pad van Welkom na Virginia se veld is toegegroei van die riete en rou riool lê al jare teenaan Thabong en Bronville. Dit is ’n gesondheidsrisiko en ’n epidemie dreig. Beeste, bokke en honde drink van die vrot water en kindertjies speel in die rou riool.

So steel onbevoegde en korrupte ANC-amptenare die belastingbetalers se geld. En in Suid-Afrika gaan niemand daarvoor verantwoordelik gehou word nie, en almal weet dit.

Daar word geskryf, gekla en gemor oor die haglike stand van Vrystaatse munisipaliteite. Niemand, maar niemand doen iets daaraan nie. Ek het al sonder welslae probeer om die burgemeester te gaan spreek om my ondervinding en raad aan te bied. Hy is nie beskikbaar nie.

Deur te luister na een mens kan ’n fenomenale verskil gemaak word. Ons betaal vir dienste wat nie gelewer is nie. Ons misbruikte belastinggeld is onregverdig teenoor pensioentrekkers wat jare gewerk en stiptelik belasting betaal het. Die agteruitgang is weens ’n gebrek aan ondoeltreffende interne beheermaatreëls.

In Matjhabeng is ’n nuwe tendens. Vullissakke word op Sondae opgelaai. Slimgedink, want dan moet werkers dubbeld betaal word. Wat help dit gemeenskappe probeer om krag en water te spaar en self ons munisipale sypaadjies skoon te hou? Ons gee selfs die bome op die sypaadjies water en hou dit netjies.

Die volgende tragedie kom wanneer die provinsiale regering nie geld het om plaaslike owerhede te help nie en die finale tragedie wanneer die sentrale regering nie geld het om provinsies te help nie. Daarop volg nasionale anargie.

Swaar verdiende geld – swaar om heeldag te sit en niks doen; swaar om te sien hoe die slaggate ál groter word; swaar om te sien swartsakke word nie verwyder nie, en seker swaar om planne te maak waar om volgende te skep.

So steel onbevoegde en korrupte ANC-amptenare die belastingbetalers se geld. En in Suid-Afrika gaan niemand daarvoor verantwoordelik gehou word nie, en almal weet dit.

Meer oor:  Vrystaat  |  Munisipaliteite  |  Korrupsie  |  Burgemeester  |  Briewe  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.