Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bystand en hulp vir toerismeondernemings

Verskeie feeste en geleenthede, ook in Volksblad se lesersgebied, is afgestel of uitgestel.

Die berig “Virus maak Passiespel stil” (08.04) wys duidelik die vernietigende uitwerking van die uitstel van ’n gebeurtenis op sakeondernemings in dorpe soos Lady Grey.

Hieronder tel gastehuise, hotelle, restaurante en B&B’s wat van inkomste ontneem word.

Van die stukwerker, die kerk, die buiteklub, toeroperateur en gids tot die slaghuis en vulstasie word ook geraak.

In hierdie onseker tyd is daar rolspelers in die toerismebedryf, soos die Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging (Satsa), wat hulle sterk beywer om klein toerismeondernemings by te staan en te help.

As lidgedrewe organisasie, en nie ’n regeringsorganisasie nie, het die Toerismediensvereniging in die inperkingstyd hul kanale en oplossings tot voordeel van alle sektore in die private toerismebedryf oopgestel.

Satsa bied waardevolle aanlyn raad en bystand aan onder meer klein toerismeondernemings en hou gereelde webinare.

Hulle het ook op hul webblad (satsa.com) ’n besprekingsplatform waar klein toerismeondernemings met mekaar kan kommunikeer en kan saamwerk en idees uitruil.

Op dié platform word onder meer gesels oor die hantering van kansellasies en terugbetalings, die hulpfonds vir klein toerismeondernemings, vrae en antwoorde oor Covid-19 en oor idees, projekte en samewerking vir die volhoubaarheid en herstel van die bedryf.

Op Satsa se digitale bemarkingsplatform kan ondernemings hul produk deur middel van virtuele toere bemark.

Dié platform is ’n groot hulpmiddel en groot bydrae tot die volhoubaarheid van ons plaaslike toerismeondernemings wat onder groot druk verkeer.

Hiermee saam is daar vir die eienaars van toerismeondernemings ook die regering se hulppakket. Inligting hieroor is op www.tourism.gov.za beskikbaar.

Meer oor:  Mystem  |  Toerisme  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.