Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Clifton-lam ter slagting geregverdig?

Cas Wepener bied in By interessante gesigspunte om die simboliek en moontlike onderliggende dryfvere van die Clifton-offerhandeling toe te lig.

Ek kon egter nêrens afdoende bewys vind of die voorval wat daartoe aanleiding gegee het, ras-gerig was of nie.

’n Mens wonder dus of dit nie maar aangegryp is vir opswepende populistiese stemwerwing nie.

Dit het juis rassespanning en verdeeldheid aangeblaas.

In 1987 het min. Allan Hendrickse en vriende “onregmatig” gaan lyf natmaak op Koning-strand in Port Elizabeth uit protes teen blatant rassistiese wetgewing wat sekere strande vir wit mense gereserveer het.

Dit was onomwonde gerig teen drakoniese diskriminasie en het wye publisiteit geniet.

Dit was bloedlose lydelike verset.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.