Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Cosatu gee nie eie geld aan Eskom

Theo Stehle, Knysna, skryf: Cosatu het klaarblyklik nie net die regerende ANC-alliansie nie, maar ook seksies van die breër burgerlike samelewing soos Business Unity SA (Busa) oorreed om ’n plan te aanvaar om Eskom, en by implikasie die land, van ’n ekonomiese katastrofe te red.

Die blink plan behels om R254 miljard van sowat 1,2 miljoen staatsamptenare en 400 000 staatsdienspensioentrekkers se aftreespaargeld in die bodemlose put van ’n onredbare kragopwekker te stort.

Oppervlakkig beskou en getooi met argumente wat die vuisvoos en leeggetapte regering en sy vennote graag wil hoor, klink alles so aanneemlik. Dit word voorgestel as die enigste uitkoms, ? kwessie van lewe en dood, maar is dit werklik? Is dit nie omdat die ANC-regering ten alle koste vasklou aan die monopolie om krag te voorsien nie?

Boonop is daar twee redes waarom die plan bevraagteken moet word: Eerstens word hierdie geld deur ’n raad van trustees vir sy lede in trust gehou. Hierdie mense is die wettige eienaars van die fonds. Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is bloot ’n agent wat die fonds belê tot voordeel van sy lede. Tweedens: Het die vakbonde en die trustees al hul lede geraadpleeg hieroor? Indien nie, kan nie hulle óf die regering óf die OBK namens die fondslede besluit nie.

Trouens, Cosatu het nie eens sy eie 800 000 staatsdienslede geraadpleeg nie, en nog erger, die vakbondfederasie het miljarde in die bank, waarom is hy nie self bereid om sy geld op ’n “wenperd” soos Eskom te verwed nie?

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.