Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Cosatu het weer sy oog op neseier

Theo Stehle, Knysna, skryf: Daar is dit weer: In sy mediaverklaring oor die nuutste Covid-19-teenmaatreëls kritiseer Cosatu die regering dat sy ekonomiese ingrypings om die uitwerking van die virus op werkers en kwesbare sakeondernemings te versag, onvoldoende is.

Die vakbondfederasie stel self ’n veel omvattender stimulusplan voor wat onder meer die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) moet insluit.

Dit is die soveelste keer dat Cosatu voorbrand maak om die neseier van die R1,8 duisend miljard in bates van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) te probeer bykom vir sy eie gewin, sonder om die miljarde wat hy self aan bates opgehoop het, beskikbaar te stel vir dié doel.

Boonop sleep hy gedurig die OBK by asof die bates aan die OBK behoort. Hy weet natuurlik die OBK is ’n semistaatsliggaam, terwyl die GEPF meer onafhanklik funksioneer.

Die fonds se bates word deur die GEPF se raad van trustees en nie die OBK nie in bewaring gehou vir sy lede. Die OBK tree slegs as beleggingsagent op. Dit is nou hoog tyd dat die wanvoorstelling reggestel word.

Die fopnuus wat Cosatu die wêreld instuur, is dat die meerderheid staatsamptenare Cosatu-lede is en dat hulle dus ook seggenskap het oor die aanwending van die pensioenfondsbates.

Bewys hiervan is die 430 000 pen­sioentrekkende lede wat nie meer by die werkgewer deur vakbonde verteenwoordig word nie.

Meer oor:  Theo Stehle  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.