Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
CR is beslis nie ’n redder nie

Rouen Pallas, Port Elizabeth, skryf: Volgens die televisienuus verlede naweek het pres. Cyril Ramaphosa onder meer gesê dat hy “alleen” die besluit geneem het om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in sakeredding te plaas.

Hy deel ons verder mee dat hy ’n “ware” en “eerlike” leier is wat nie sal toelaat dat ander aan hom sal voorskryf nie.

Dis uiterste bog!

Ramaphosa is deur Solidariteit gedwing om die SAL in sakeredding te plaas om sy beeld as “leier” te beskerm nadat Solidariteit die hof genader het om hom en sy wanfunksionele ANC/SAKP-regering te verplig om die regte ding te doen.

Sy oneerlike en misleidende opmerkings sê alles van homself: Misleidend, oneerlik en ’n verkondiger van skaamtelose leuens en halwe waarhede!

Hy en sy ANC-regering met hul skoothondjie, die SAKP, is nie in staat om Suid-Afrika te regeer of te red nie.

Hulle behoort onmiddellik te bedank en in die asblik van die geskiedenis gesmyt word.

Hou op om Ramaphosa voor te hou as ’n afgod en ’n redder.

Meer oor:  Rouen Pallas  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.