Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
CR, sê tog vir ons wie is ‘ons mense’

Suid-Afrika sit met ’n president wat skynbaar maar ekonomies met die waarheid omgaan.

In die VSA sê hy dat daar geen moorde op wit plaasboere in Suid-Afrika plaasvind nie. Is hy dan so onkundig oor wat in sy eie land aan die gang is?

In Natal sê hy dat die ANC die enigste party in Suid-Afrika is wat ’n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners soek. Weet hy dan so min van sy politieke opponente se beleidsrigtings en uitsprake dat hy sulke twak kwytraak?

Kom ons hoop maar dat sy uitsprake dat grond sonder vergoeding onteien gaan word en aan “ons mense” gegee gaan word, ook een van sy liegstories is.

Terloops, kan pres. Cyril Ramaphosa en sy party asseblief duidelikheid gee oor die begrippe “ons mense”, “die mense”, “alle Suid-Afrikaners” en “die vyande van die mense”, wat hy en sy party so kwistig rondgooi?

Sluit sy “ons mense” alle Suid-Afrikaners in, ook die blekes onder ons? Sluit dit ook die sowat 5 miljoen “inkommers” en ander onwettige immigrante uit onder meer Afrika in?

Meer oor:  My Stem  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.