Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
CR tree op soos ’n staatsman

Die jaarlikse staatsrede is die hoofplatform vir die president om sy persoonlike stempel op die rigting van die regering vir die volgende jaar af te druk.

Vanjaar se rede het onder ’n wolk van stadige ekonomiese groei, ernstige energie-uitdagings en moeilike ekonomiese toestande plaasgevind.

Die volwasse reaksie van al die ander partye was ’n goeie voorbeeld en ’n hoopvolle teken vir ons demokrasie.

Pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese benadering is deernisvolle (compassionate) kapitalisme, in ooreenstemming met die Noord-Europese model. Fiskale werklikhede beperk die vermoë om al ons mense op alle­ terreine vinnig genoeg op te hef.

Hy het in moeilike omstandighede daarin geslaag om hoop te skep waar daar vertwyfeling is en optimisme te midde van ’n vlaag van negatiwiteit.

Ramaphosa het hierdie padwysers met eerlikheid en soos ’n staatsman voorgedra.

Maar ons besef terdeë dat ons dit nie net in sy hande of in die hande van die regering kan laat nie. Ons is almal gesamentlik verantwoordelik vir die sukses van ons nasie.

Die EFF is besig om homself na die kantlyn van die politieke speelveld te verskuif. Hul optrede kom ongelukkig ooreen met populistiese neigings elders, selfs in ’n supermoondheid, waar daar ’n toenemende gebrek aan respek vir demokratiese instellings is. Die speaker was baie geduldig en te toegeeflik. Die volwasse reaksie van al die ander partye was ’n goeie voorbeeld en ’n hoopvolle teken vir ons demokrasie.

Meer oor:  Mystem  |  Cyri Ramaphosa  |  Briewe  |  Staatsrede2020  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.