Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA-ANC-‘koalisie’ is nie so vergesog

Dis interessant dat Mmusi Maimane praat van die DA se “admission of defeat” met verwysing na John Steenhuisen, DA-leier, wat die deur geopen het vir ’n moontlike samewerking met die ANC om ’n nuwe bedeling daar te stel. Steenhuisen mag dalk dwaal, maar ten minste dwaal hy in die regte rigting.

Wat het jy bereik, Maimane? Die DA het onder jou leierskap agteruit gegaan en by die stembus slae gekry.

Steenhuisen is dalk nie die ridder op ’n wit perd wat die land nodig het nie, maar hy het ten minste die ruggraat om die ernstige probleme van die land raak te sien en met ’n sinvolle oplossing te probeer aanpak.

Die “ANC” is ongelukkig die handelsmerk wat almal aankleef vir bemarking en sogenaamde vooruitgang, maar die tyd het aangebreek vir dapper leiers om dapper besluite te neem.

Pres. Cyril Ramaphosa, gaan jy hou by jou handelsmerk of het jy Suid-Afrika se belange op die hart? Dis dalk tyd om dapper besluite te neem in landsbelang. Raak ontslae van die sweer in die ANC, behou die handelsmerk en beweeg met vertroue vorentoe, of skep ’n nuwe party in landsbelang saam met eners- en regdenkende mense.

Indien nie, het ons gefaal en sal die drome van Nelson Mandela en soveel ander net dít bly. Dit is tyd vir Suid-Afrikaners om saam te staan.

Meer oor:  John Steenhuisen  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.