Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA moet nou dié indrukke verander

Die jongste tussenverkiesingsuitslae en die vertoning van die DA by die stembus die afgelope verkiesings bewys dié party moet dringend selfondersoek doen om die raaisel op te los oor hoekom hy kiesersteun afstaan.

Die Wes-Kaap is tans die voorste presteerder onder die provinsies en in die algemeen is dienslewering by munisipaliteite waar die DA in beheer is uitstekend.

Maar daar is ’n indruk onder baie kiesers aan die ander kant van die Hexrivierberge dat die DA nie aan hulle ’n politieke tuiste bied nie. Die DA moet dié indrukke verander en die kieserskorps se harte probeer wen.

Die rede? Die land het die DA nodig om sy spiere te bult en verlore steun te herwin in die aanloop tot die munisipale verkiesing later vanjaar.

Grootskaalse korrupsie, kader-ontplooiing en irrasionele besluite onderstreep dit dat die ANC sy politieke kompas lankal verloor het.

Van sy topleiers is net ingestel op eiebelang en selfverryking ten koste van kwesbare gemeenskappe. En die stroping van die staatskas kom al byna ’n dekade aan – reg onder die neus van die president en die topleiers.

Dít bied ’n geleentheid aan die DA om met mening na vore te tree. Die land het ’n sterk DA nou nodig. Maar John Steenhuisen moet besef dienslewering is nie genoeg nie – hy moet indrukke oor die party aanspreek en gou ook.

Meer oor:  Verkiesing  |  Da  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.