Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA neig om almal tevrede te wil stel

Ek verwys na Gert van der Merwe van Somerset-Wes se brief waarin hy dit stel dat die DA in die jongste tyd wel ’n paar foute gemaak het.

In die proses het hy (die DA) ook van ’n paar persoonlikhede en standpunte ontslae geraak wat van hom ’n selfs nog swakker keuse maak as wat hy in die verlede was.

Waarna ons as kiesers landwyd en provinsiaal, ook in die Wes-Kaap, moet streef, is om die ANC en die EFF se gesamentlike stempersentasie onder 50 te bring. Dan kan, indien nodig, koalisies van partye met verklaarde en spesifieke standpunte gevorm word.

Die sogenaamde kleiner partye verteenwoordig talle standpunte wat ewe min deur die DA as die ANC ingeneem word, omdat hulle nie die morele moed het nie.

Die DA neig al hoe meer na die ANC om iets vir almal en uiteindelik niks vir niemand te wees. Dit is wat in Gert van der Merwe se woorde van die DA ’n “vuilwater”-party maak. As vuil water nie betyds uitgegooi of gesuiwer word nie, word dit vrot.

Meer oor:  Da  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.