Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA-projek moet slaag

Koos Kombuis, Max du Preez, Amanda Gouws, Alida Kok, redaksionele kommentare, briefskrywers in die algemeen. Wat het hierdie stemme gemeen?

Hulle skryf deesdae ywerig en vra kritiese vrae oor die DA. Hoekom? Want die DA is ’n belangrike rolspeler in ons demokratiese bestel, ’n party met die potensiaal om ’n meerderheidsparty te word.

Dat daar aksentverskille in die DA is moet verwelkom word. Hou in gedagte dat ons een van die diverste samelewings ter wêreld het wat taal en kultuur betref.

Ekonomiese ongelykheid en ’n verdelende verlede problematiseer dié diversiteit verder. Eerlike en robuuste debat oor sekere kwessies is nodig.

Verby al die “-ismes” waaraan politieke kommentators die DA wil koppel, is dit in Suid-Afrika se belang dat die ekonomiese koek groter gemaak word sodat die lewenspeil van veral arm mense verhoog. In hierdie verband is die DA in die kol om werkskepping as die relevante narratief van ons tyd aan te bied. Daar is gewoon geen geleentheid soos ’n werkgeleentheid nie.

Sekere probleme, veral soms oor lomp kommunikasie, wil-wil by tye die DA se goeie werk oorskadu. Wel, foute is ’n goeie leerskool om beter te presteer.

Die DA-projek, geskoei op onder meer nierassigheid en ekonomiese vryheid, moet slaag. Om ons toekoms carte blanche aan die ANC toe te vertrou sal niks minder as ’n kamikaze-dobbelspel met tragiese gevolge wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.