Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA se skielike ywer is opportunisties

Gerhard van der Merwe, Potchefstroom, skryf:

Die DA se opportunistiese en siniese pogings om, ná ’n jare lange stilte, skielik die kwessies rakende plaasmoorde en die taalkwessie aan te gryp om verlore steun terug te wen, is waarlik die toppunt van goedkoop politiekery.

Muurgraffiti by die Universiteit van Pretoria in 2016. Foto: Theana Breugem

Die jongste poging is nou ’n petisie waarin aangedring word dat pres. Cyril Ramaphosa om verskoning vra vir ’n uitspraak wat hy reeds aan die begin van 2018 gemaak het en die voorkoms van moorde op boere in die land ontken het.

Sulke uitsprake is destyds deur die DA met ’n dawerende stilte begroet of diegene wat toe op ’n verskoning aangedring het, is as rassistiese alarmiste afgemaak.

In 2013 verklaar die senior DA-LP Natasha Mazzone dat die gebruik van Afrikaans op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ander groepe uitsluit en liefs afgeskaf behoort te word. Sy is nie deur die DA tereggewys nie.

In 2015 neem die DA saam met die EFF ook die leiding op Tukkies met die Afrikaans Must Fall-beweging. Weer eens ’n dawerende stilte van die DA-leiers.

Glo die DA regtig dat enigiemand hul nuutgevonde ywer vir die beskerming van taalregte ernstig opneem?

By skole volg dieselfde patroon. Die DA steun Panyaza Lesufi luidkeels in sy aanval op die Curro-skool in Roodeplaat omdat hulle dit durf waag om aparte klasse vir Afrikaans- en Engelssprekende kinders te hê.

Nou, in 2020, wil die DA, met grootliks dieselfde leierskorps, skynbaar aan kiesers voorhou dat hul uitsprake en optrede oor jare bloot “ligte mistykies” was en dat hulle dit nooit eintlik bedoel het nie.

Meer oor:  Gerhard Van Der Merwe  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.