Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
DA-taalbeleid gaan hom pynig

Ek wil net ’n waarskuwing aan die DA rig: In die afgelope verkiesing het jy reeds gesien wat gebeur as jy nie omsien na die belange van die kiesers nie – dit is jou Afrikaans­sprekende lede. Die Wes-Kaap is ongeveer 50% Afrikaanssprekend.

Ek werk nou al 50 jaar met die Kaapstad/Helderberg­munisipaliteit en tot ’n jaar of wat gelede is ál die korre­spondensie beantwoord in die taal waarin geskryf was, maar nou is alle dokumente slegs in Engels.

’n Paar maande gelede was daar altyd mense wat bevoeg was om jou in albei tale te kan help, maar nou is dit só sleg dat van die mense wat die publiek bedien glad nie Afrikaans verstaan nie. Daar is dus dikwels ’n erge kommunikasiegaping.

Die land is veronderstel om ingevolge die Grondwet elf­talig te wees, nie eentalig nie.

Ek noem maar net as die DA nie wakker skrik nie, gaan hy in die volgende verkiesing baie seerder kry. Patricia de Lille het reeds ’n punt bewys.

Meer oor:  Da  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.