Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Daar is darem nog goeie nuus in die land

Dit is min dat ’n mens deesdae van iets lekker of goed in ’n koerant lees. Dit is die meeste van die tyd slegte of skokkende nuus. My stories is anders.

Weet julle hoe vrygewig die verskillende staats- of munisipale departemente of instellings kan wees?

Eerstens, Jan Taks. Ek is ’n pensioentrekker met ’n paar pennies in die bank. My taksvorms is maklik om in te vul en ek doen dit aanlyn. Verlede jaar het ek my vorms op 8 Julie ingestuur.

Ek kry toe ’n briefie wat my in kennis stel dat ek gekies is vir ’n oudit. Op 12 Julie ry ek na die SAID se kantoor en meld aan. Die ouditeur was baie vriendelik en sê sy stem saam met my berekening van die bedraggie wat ek moet terugkry, maar dat ek ’n nuwe aanslag sal kry omdat hulle nie my ekstra mediese eise (R415) gaan toelaat nie.

Ek gaan huis toe en sowaar, daar wag ’n briefie wat vra vir my mediesefondssertifikaat en amptelike bewys van huisadres. Weer terug om die dokumente af te lewer en nou wag ek vir die nuwe aanslag.

Nie lank nie of ek kry die nuwe bedrag en sowaar as vet het hulle my ál my PAYE terugbetaal. Ek was baie bly oor die geldjie en het per pos laat weet hoe dankbaar ek is. Tot dusver geen antwoord op my briefie nie.

Tweedens, ek kry ’n staatspensioen en verlede maand het hulle nie die PAYE afgetrek nie. Dankie, GEPF, die ektra geld sal help om vir my ’n nuwe gieter te koop.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.