Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Daar is niks wat kwaaddoeners meer afskrik

Die debat oor plaasmoorde is die laaste weke en maande reeds ad nau­seam in die media en publiek bespreek en alles draai rondom wat gedoen kan of moet word om die probleem van veiligheid vir boer en werker te hanteer.

Dit is kommando’s, nagwagte, honde, radio’s, samesprekings met een en ander . . . en die misdade neem hand oor hand toe!

Waar lê die probleem en wat is die oplossing, of in elk geval die bekamping van die misdaad? Daar is geen afskrikmiddel vir die voornemende kwaaddoener nie .

Word hy gevang, gaan hy “heerlik” tronk toe waar hy vir donkiejare “veilig” is, medies versorg word (met ons belastinggeld), TV kyk en selfs nog vir ’n graad ook kan studeer! Dit is om van trane te stort.

Bring terug die doodstraf vir hierdie misdaad, asook lyfstraf om weer dissipline in skole te herstel.

Ons moet almal daarop aandring dat ’n nasionale referendum oor hierdie sake gehou moet word. Ek is oortuig dat die herinstelling van die doodstraf deur tot soveel as 80% aanvaar sal word . . . Gee dit ’n kans, ons is mos so ’n demokratiese land.

Het u al die gesig van ’n gevangene gesien wanneer die regter die vreesaanjaende swart mus op sy kop sit wanneer hy die doodstraf uitspreek?

Dit is ’n afskrikmiddel wat nie ligtelik opgeneem word nie.

Meer oor:  My Stem  |  Doodstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.