Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Daar is te veel niemendalletjies

Die klein eindnota dat Max du Preez se “Skuinskyk” tot ’n einde gekom het, is bepaald jammer. Du Preez het as kommentator ’n mens altyd laat nadink. Ek het nie altyd saamgestem nie. Veral oor taalsake of die bestuur van universiteite verskil ek beslis.

Wanneer hy die grondvlakpolitiek aan ons lesers verduidelik het, was dit wel bepaald leersaam.

Hy was dikwels polemies ingestel, wat goed is, en ook uit sy radiokommentaar kon ’n mens baie leer oor die ANC, Ramaphosa se verhouding met politieke medespelers, die Guptas en wat nog.

Hy het veral reggekry om die histerie en wanpersepsies oor die nuwe Suid-Afrika in perspektief te plaas. En die belangrikheid van mediavryheid te verduidelik.

Gustaf Pienaar se skitterende rubriek (weggesteek in die Eiendomme-bylae) het ’n tweede asem gekry.

Miskien kan Du Preez oor ses maande terugkeer met ’n nuwe rubriek? Daar is net te veel niemendalletjies wat deesdae as rubrieke paradeer.

Meer oor:  Joan Hambidge  |  Max Du Preez  |  Rubriek  |  Skuinskyk  |  Mystem  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.