Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Daar’s toe g’n insig by Thuli . . .

Fanie Brink, Bothaville: Thuli Madonsela (22 Desember) probeer alles wat fout gaan regverdig met belaglike argumente soos “Niemand kan eerlik sê dat ons in die verkeerde rigting op pad is nie . . .” Dit doen nie haar bekwaamheid as voormalige openbare beskermer gestand nie. Trouens, dit openbaar haar verbysterende gebrek aan insig oor die politieke en ekonomiese realiteite.

Die politieke doelwitte en hervormings van die ANC sal nie deur die vernietiging van die ekonomie en die land, waarvoor die finale aftelling reeds begin het, bereik word nie.

Die land sal teen 2023-’24 sy status as ’n ontwikkelende land verloor en in ’n onderontwikkelde land verval, met die gevolge van ’n vernietigde demokrasie, geen ekonomiese groei, ongekende hongersnood en menselyding.

Meer oor:  Fanie Brink  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.