Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Daar’s vir my net een foto van WB

Saterdag se rugby en die foto’s en kommentaar wat daarna in verskeie koerante verskyn het, was wonderlik. Maar ek soek een spesifieke foto.

Net ná die eindfluitjie met die hele Springbok-groep op die veld wat lag en huil, wys die kassie die prentjie.

Trevor Nyakane, daardie groot tenk van ’n stut, het Eben Etzebeth in ’n beergreep om sy heupe beet en swaai hom soos ’n stokkielekker rond. Etzebeth buk toe af, sy twee hande om Nyakane se kop, en gee hom ’n klapsoen op die voorkop.

Etzebeth kom nou wel uit ’n Kaapse familie wat al as veglustig beskryf is, maar ’n goeie hart het hy. Mooi so, Ebie en die manne. Suid-Afrika is saam met julle trots.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.