Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dalk help Kubaanse hulp dié keer

Die feit dat 217 Kubaanse gesondheidswerkers met groot fanfare in Suid-Afrika land om met die Covid-19-pandemie te help, ontlok by my gemengde gevoelens. Ja, ek weet alle hulp is nodig, maar ongelukkig het Kubaanse hulp per se, m.i., in die verlede nog nie baie gehelp nie.

Só het kameraad Ace Kubaanse motorwerktuigkundiges na die Vrystaat genooi om aan militêre voertuie te werk. Dié “spanners” het in weelde gelewe met etes en groot selfoontoelaes. Ek onthou goed dat ’n vragvliegtuig destyds met die Kubane se terugkeer huis toe gehuur moes word “om die geskenke wat hier gekoop is, te vervoer”. Is daar ooit een voertuig herstel?

Toe ontplooi kameraad Ace verskeie Kubaanse ingenieurs om die stukkende rioolplase te herstel. Bla-bla-bla. Sover ek weet werk dié Vrystaatse rioolplase nog steeds nie.

En nou die Kubaanse gesondheidswerkers. Ek lees tot die VF Plus verwelkom die hulp. Mag dié Kubaanse groep dié keer werklik waarde toevoeg.

Hoe lank gaan die ANC nog dankie sê aan die Kubane vir hul hulp teen die ou regime?

Meer oor:  Hennie Pienaar  |  Bellville  |  Kuba  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.