Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dalk maak Covid-19 regte ore oop

Pres. Cyril Ramaphosa, sy raadgewers en uitvoerende gesag moet gelukgewens word met die vinnige en skynbaar beslissende optrede om die Suid-Afrikaanse aandeel aan die Covid-19-pandemie te modereer.

Nie net met die oog op die bekamping van lewensverlies nie, maar ook om skade aan die ekonomie te beperk.

Die siekte bedreig die breë bevolking. Nietemin, volpunte vir besliste optrede wat volg op goeie raad van medici, sakeleiers en moontlik regslui en ander. Daar is geluister na raad deur kundiges, in so ’n mate dat die weermag ontplooi sal word.

Kundiges in Suid-Afrika – ons hoef nie name te noem nie, maar ekonome, sakelui, medici, opvoedkundiges en opposisiepolitici met goeie oordeel – neul nou al bykans twee dekades dat regstellende aksie tot ’n einde moet kom, dat kaderontplooiing gestaak moet word en dat ons arbeidswetgewing kontraproduktief is en verander of afgeskaf moet word en dat van die dwaasheid wat die kroon span, naamlik onteiening sonder vergoeding, afgesien word.

Maar die president en sy mooiweersraadgewers moes toenemend toesien hoe die land verwoes word en is deur verdere ysingwekkende verwoesting in die gesig gestaar.

Hoekom is daar nie vroeër geluister nie, en hoekom het dit so lank geneem om die weermag te betrek om bendebedrywighede en stroping van ons diere- en seelewe te bekamp, asook om ons boere veilig te hou?

En nou word burgers gedreig met tronkstraf as hulle op straat sou verskyn, maar diewe wat by die Zondo-kommissie aan die kaak gestel is, loop steeds vryer rond as Schabir Shaik?

Dalk het die pandemie daarin geslaag om ore oop te maak!

Meer oor:  Ben Smit  |  Melkbosstrand  |  Mystem  |  Brief  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.