Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dán eers is jy werklik bekend . . .

Ek en my vroutjie bedryf ’n eenmansaak en op Vrydae kry ons twee helpers om ons by te staan met die nodige take waarvoor ons nie deur die week tyd kry nie.

Verlede Vrydag, terwyl almal met hul take besig is, hoor ek die een sing ’n bekende Afrikaanse liedjie.

Toe ek hom vra van waar hy die liedjie ken, antwoord hy dat hy dit op die ouderdom van ongeveer tien in die skool geleer het. Terwyl ek sukkel om op die naam van die liedjie te kom, help die ander helper my reg deur te sê “Bloubergstrand”. Hulle weet nie wie die kunstenaar is nie, maar hulle ken haar liedjie!

Die een wat die naam van die liedjie ken, is ’n hawelose wat op straat leef, met net sy trollie en beddegoed teen die koue nagte.

Ek dink die liedjie “Op Blouberg se strand” het nou vir my nuwe betekenis gekry. Elke keer as ek dit nou weer hoor, sal ek aan hierdie twee manne dink.

Ek dink jy het naam gemaak as jy so onthou word soos Laurika Rauch.

Meer oor:  Laurika Rauch  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.