Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dan het Afrikaner min gevorder

Na aanleiding van die artikel “Styl van kritiek is ewe belangrik” deur Leopold Scholtz (27.08): In sy huldeblyk aan N.P. Van Wyk Louw is dit interessant om te lees oor die feite oor Louw en die bydrae wat hy tot veral die Afrikaanse taal gelewer het.

Die skrywer is oënskynlik beïndruk met die feit dat hy as eerlike denker ook nie geaarsel het om die leuen van apartheid rakende bruin mense aan die kaak te stel nie. Wat wel verstommend is, is hoe die lagie vernis wat oor die krake van apartheid geverf is, ewe skielik verdwyn aan die einde van die artikel waar Scholtz twee groepe mense voorhou: Een groep met bewondering en die ander groep met veragting.

Die ware feite is vandag bekend en dit is onteenseglik so dat Bram Fischer, Beyers Naudé en Nico Smith hul lewe gewy het aan die afbreking van apartheid. Scholtz se verwysing na die ongenadige gegesel van Fischer, Naudé en Smith dui op ’n veragting van hierdie mense wat hul lewe op die prys gestel het ter bevordering na ’n nierassige Suid-Afrika.

Hy verwys na die tweede groep mense as ekstremiste –duidelik in ’n negatiewe sin. Was Nelson Mandela ’n ekstremis? Is Thabo Mbeki ’n ekstremis?

Hy verwys ook glad nie na iemand soos Frederik Van Zyl Slabbert, wat ook ’n rol gespeel het, nie.

In ’n gesprek met Naudé het hy my gesê wat ’n wonderlike mens Johan Heyns is, ten spyte daarvan dat ek aan hom uitgewys het dat die NG Kerk eers van apartheid afgewyk het ná die bekende parlementêre verklaring van oudpres. FW de Klerk op 2 Februarie 1990. Die NG Kerk het die Nasionale Party gevolg. Dieselfde geld vir diegene wat in die eerste kategorie genoem is.

Wat onhoudbaar is, is die feit dat hy steeds kleef aan sy vorige apartheidshelde, terwyl hy diegene afkraak wat werklik ’n verskil gemaak het. As sy menings ’n weerspieëling is van die gemiddelde Afrikaner, het die gemiddelde Afrikaner sedert 1994 nie eens sentimeters gevorder na die ideaal van ’n nierassige Suid-Afrika nie

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Langebaan  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.