Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dan is Saru eintlik maar met min tevrede

Die Brandpunt “Cheetahs durf plan saboteer” (22.10) in Volksblad van Gert Coetzee verdien ’n Oscar.

Sowaar ’n suidelike hoofartikel uit ’n rugbywêreld wat nie sy eie huis in orde kan kry nie! Dis om een woord te sê arrogant, ongevraagd en misplaas.

Dankie, Gert, dat jy die moed van jou oortuiging het om op te staan vir dit wat reg is.

As verlede Saterdag se Kaapse kragmeting vir Jurie Roux en sy Saru-trawante laat lekker kry het, is hulle sowaar maar met min tevrede. Hoekom so stil uit die geledere van Saru?

Intussen wag ons Vrystaters op Harold, Ryno en jul makkers vir aksie. Nou is dit nie tyd vir persoonlike pros and cons nie. Julle is dit aan die hele­ Vrystaat en al die ondersteuners verskuldig om daadwerklik op te tree.

Julle het immers ’n geldige kontrak vir die Pro14. Benut dit, al kos dit ook ’n hofsaak.

Julle manne onthou maar net: Nice guys come second!

Meer oor:  Lesersbrief  |  Gert Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.