Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dan van Hartswater is agtste lid van my familie wat vermoor is

Na aanleiding van die onsinnige moorde op Dan, Breggie en Elzabie Brand van Hartswater wil ek net graag vertel hoe diep hierdie geval ons en ons familie raak.

Dit was so ’n groot skok om te verneem dat daar weer eens van ons familie vermoor is.

In ons familie is daar al agt mense vermoor. In 1967 is ’n oom en tannie (my oorlede pa se suster en haar man) van my vermoor en só kan ek die lysie maak . . .

Alle lewens maak saak. Het God ons nie almal geskape nie?

My oorlede ma se suster is in 2009 vermoor, ’n neef van my in 2012, nog ’n neef van my se seun in 2016.

En nou weer Dan (my neef), Breggie en Elzabie.

Vir ons as gesin raak dit ook nogal baie diep, want jare gelede was ons as families baie na aan mekaar.

Ek en Breggie het ook ongeveer drie jaar saam gewerk en ons gesinne was baie lief vir mekaar. Ons harte is gebreek en al waarvoor ons nou bid, is dat reg en geregtigheid sal geskied.

Die regering moet nou iets aan hierdie onbeheerde, onsinnige aanvalle, moorde, verkragtings en ontvoerings doen.

Hoekom doen mense sulke dinge en dit nog in hierdie pandemie-tyd waarin ons almal reeds oor die virus bekommerd is?

Alle lewens maak saak. Het God ons nie almal geskape nie?

Al waaraan ons kan vashou, is ons God en sy Woord.

Lees gerus elke dag Psalm 91. Dit sal gemoedsrus gee en vrede in jou hart bring.

Meer oor:  Mystem  |  Familie  |  Vermoor  |  Hartswater  |  Briewe  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.