Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dank aan media wat ons inlig

Oor die skrywe van Foeta ­Krige, “Jy’t gesê ek moet wag, Suna, maar ek is nog kwaad” (07.07):

Dit is betreurenswaardig om te weet wat in net die laaste jaar met Venter, die mens en joernalis, gebeur het. Sy is soos ’n bokkie deur ’n trop honger leeus gejag en aan ’n boom vasgemaak terwyl die vlamme om haar lek. Sy is gewond en gedreig en het nie meer veilig in haar eie woonplek gevoel nie. Haar liggaam was só geknak dat sy aan ’n gebroke hart gesterf het.

Om vandag ’n joernalis te wees is nie maklik nie. Die enigste spreekbuis wat Jan Alleman egter het, is die media. Dankie, Foeta, vir jou skrywe, ook vir jou wrewel wat jy uitspreek teenoor diegene wat hul geboortereg prysgee vir ’n pot lensiesop. God slaap nie.

En dankie vir joernaliste wat soms in baie moeilike omstandighede die leser op hoogte hou van die nuus.

Dit word waardeer dat julle die feite publiseer al is daar soveel slegte nagevolge. Suna Venter, ek salueer jou.

Meer oor:  Suna Venter  |  Mens  |  Joernalis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.