Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dank aan ’n burgemeester wat gehoor gee

’n Maand gelede het my vriend Kwagga die burgemeester van Kouga, Horatio Mario Hendricks, per brief versoek dat Humansdorp se begraafplaas, waar bykans twee jaar nooit gras gesny is nie, die nodige instandhouding moet kry.

Nou wil Kwagga graag sy opregte dank oordra aan die burgemeester dat gehoor gegee is aan sy pleidooi en dat die begraafplaas pragtig skoongemaak is. Met die uitsondering van die een hoek, waar iemand huisafval weggegooi het, is dit welgedaan.

“Baie dankie, burgemeester, u het inderdaad gehoor gegee aan ’n nederige versoek. My dank ook aan ander raadslede wat betrokke was.”

Meer oor:  My Stem  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.