Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankbaar oor winde van verandering in SA

Watter groot dankbaarheid is daar in my hart en ek glo in die hart van elkeen wat die hoofartikel, Brandpunt-rubriek “As ANC-geilkatte in room vasval” van Gert Coetzee en Goeiemôre “EFF-off, EFF, sê swart leerlinge oor Afrikaans” van Charles Smith (25.01) lees oor die “winde van verandering” wat sedert begin Januarie in ons land waai!

Laat verlede jaar is begin met ernstige oproepe van die NG Kerk om te bid vir groter eenheid tussen alle Suid-Afrikaners, vir die armes, werkloses en gemarginaliseerdes in ons samelewing, asook vir ’n geseënde toekoms vir almal (aan die vooraand van die ANC-konferensie).

Ons het almal besef daar is net een oplossing vir ons land, en dit is gebed met smeking en danksegging, want God bly in beheer. Saam daarmee bid ons ernstig vir reën oral waar dit nodig is.

Daar is ook ’n beriggie “Reën bring in VS verligting”. Hoewel die droogte nog nie gebreek is nie, kon sommige boere begin met die plant van sonneblom.

Alle lof en eer aan God, wat nog altyd gebede verhoor.

Meer oor:  Charles Smith  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.