Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankie aan winkelgroep vir ekstra myl

Ek wil graag ’n groot dankie sê aan die winkelgroep wat in die inperkingstyd weekliks ’n koop­uur vir senior burgers ingestel het.

Ek kan net dink hoe vroeg die kassiere, skoonmakers, bakkerypersoneel en veiligheidsmense moes opstaan om vir ons ouer mense gerieflike en veilige inkopies te verseker. Almal is vriendelik en op die koop toe is ons vanoggend by die deur begroet deur die bestuurder wat vir elke klant ’n orgideeplant (wat seker nou nie meer verkoop mag word nie) en ’n paaseier gegee het! Dit is nou die ekstra kilometer loop om die wêreld in moeilike tye ’n beter plek te maak. Dankie, Pick n Pay Wonderboom Junction.

Meer oor:  Mystem  |  Pick N Pay  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.