Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankie vir deel van ervaring met hondekind

Die brief “Man en sy beste vriend ‘wag vir mekaar’ ” van Niel Retief in Volksblad (29.08) verwys.

Dit is wonderlik om te weet daar is soveel mense wat vir hul diere omgee en bereid is om elke tree saam met hulle te stap en bereid is om vir hulle op te offer.

Ek het die beginsel van as jy as mens nie respek vir diere het nie, het jy ook nie respek vir ander mense nie. Ek sal graag verkeerd bewys wil word!

Mag die Here die onbekende man en sy hondekind seën en nog lank vir mekaar spaar.

Dankie, Niel Retief, dat jy jou ervaring met ons gedeel het, dit het my getref waar dit moes . . . diep in my hart!

Meer oor:  My Stem  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.