Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankie vir dié herinneringe, Miems

Die onlangse afsterwe van Miems Swanepoel het ou herinneringe by my opgeroep. Ons was in die laat 1960’s en vroeë 1970’s saam betrokke by Welgemoed se Voortrekkers.

So beplan ons ’n staptog met my Voortrekkerspan in die Cederberg. Ons besluit om naby Algeria te begin en bo by die Pakhuispas klaar te maak. Die berg wat ons moes uit voordat jy die plato bereik na ons eindpunt, was maar steil. So sê Miems teen daai steilte ons moet ’n ou Voortrekker-liedjie loop en sing!

Stel jou voor – hoe kry jy gesing met ’n hygende asem! So twee woorde, dan hyg jy na jou asem en dan ’n paar keer hyg-hyg voordat ons die volgende woord of twee kan uitkry. Wat ’n besondere herinnering!

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.