Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankie vir ’n nasie wat omgee

Ná ’n lang dag en vaal van die stof, lees ek Dinsdagaand Bergrivier Besproeiingsraad se e-pos. Die stigting Gift of the Givers het drinkwater in vyfliterbottels geskenk! Die boere in waternood moet dit by Agrimark in die Paarl gaan haal.

Dit voel amper of jy nie die woord water meer wil sien nie, want die kelder het laat weet: Jammer die voginhoud is te min. Die wynoes is 40% kleiner. Die inkomste is 40% minder.

Ek ry Woensdagoggend al om 06:45 na Agrimark, want ons gaan deur gebottelde water soos ’n warm mes deur botter.

Terug op die plaas laat ek al die werkers kom vir ’n foto. Dis lekker om hul vrolikheid te verewig. Agter hulle sien ek die pragtige Paarlrots en geniet ons mooi natuur ’n oomblik lank.

Totdat ek ’n bottel aangee en die boodskap daarop lees: “Met liefde. Gildenhuyse Hoedspruit.” Skielik lê die trane vlak en ’n mens wonder waarom raak díe woorde jou só diep.

Ek is ’n Afrikaner. Trots op my land. Trots op my mense. Met al die politieke verwikkelinge voel ’n mens soms om nie meer nuus te kyk of lees nie, maar as jy jouself kry, koop jy maar weer die koerant.

Dis ons mense wat vir vreemde mense op ’n bottel water sal skryf “Liefde uit Hoedspruit”. Dis ons mense wat die water met ope arms ontvang en hoeveel keer nou al kom dankie sê het.

Dankie, Suid-Afrika. Dankie vir wonderlike mense.

’n Reënboognasie wat omgee vir mekaar.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Omgee  |  Waternood  |  Drinkwater  |  Water  |  Boere  |  Geskenk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.