Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dankie vir objektiewe rubriek oor Trump

Piet de Jager, Pretoria, skryf: Waldimar Pelser se kolskoot-rubriek verlede week, “Nou weet Iran waar daai rooi lyn lê” was meer sekuur as die Amerikaanse missielaanval op Iran.

Die vraag in die slotparagraaf van sy artikel, “Waarom woon 1,5 miljoen Irannese in Amerika, maar geen Amerikaners in Iran nie?”, is die soort argument wat teen die vyand gevoer moet word.

En die vyand noem hy sommer in die eerste paragraaf by die naam: Intellektuele luies, politieke lafaards en kammaheiliges.

Boy Geldenhuys, Vishoek, skryf: Dit was so hittete of Amerika het hom vir ’n tweede keer in ’n oorlog laat in lieg wat hom op die ou end duur te staan kon kom.

Die eerste keer was toe George W. Bush die wêreld wysgemaak het dat Irak wapens van massavernietiging het wat ’n groot bedreiging vir wêreldvrede inhou. Dié leuen het Amerika uiteindelik drieduisend miljard dollar gekos.

Nou het pres. Donald Trump weer besluit dat genl.maj. Kassem Soleimani ’n aanval beplan op vier Amerikaanse ambassades – wat van alle waarheid ontbloot is. Nie eens die Amerikaanse minister van verdediging kon bewyse hiervoor vind nie. ’n Oorreaksie aan albei kante kon Amerika weer duisende miljarde uit die sak gejaag het – om nie eens van die lewensverlies te praat nie.

Natuurlik is Soleimani ’n terroris met bloed aan sy hande. Volgens prof. Juan Cole van die Universiteit van Michigan, was hy egter nie die afgelope aantal jare betrokke by enige insidente waarby Amerikaners betrokke was nie. Trouens, hy was selfs soms ’n bondgenoot van Amerika. By Tikrit het die Amerikaanse lugmag selfs dekking aan hom verleen in sy stryd teen die Islamitiese Staat.

Die waarheid bly maar die beste opsie – ook op die gebied van die internasionale politiek.

Sarel Myburgh, Thailand, skryf: Ek het lanklaas ’n rubriek gelees wat met soveel objektiwiteit geskryf is.

Ek het werklik teen hierdie tyd gewoond geraak aan artikels waarin pres. Donald Trump oor die algemeen verguis word oor alles wat hy sê en doen.

Daarom het ek helse waardering vir hierdie rubriek van Pelser en daarom my opmerking oor objektiwiteit. Want ek weet Pelser sal Trump fel kritiseer as hy iets doen wat verkeerd is. Daarvan hou ek.

Persoonlik dink ek Trump is die wêreld se grootste narcissis, ’n regte grootbek. Ek het ’n renons hierin omdat hierdie selfverheerliking in sy boeke ook hoogty vier. Dus is hy lank nie meer ’n gunsteling by my nie.

Ek is egter die eerste om hom krediet te gee waar dit hom toekom. Immers is hy deur 63 miljoen Amerikaners as president verkies. Daarom moet mens dit wat hy bereik ook aan die groot klok hang en nie maak of sy ondersteuners agterlik, dom en onkundig is nie.

Meer oor:  Sarel Myburgh  |  Boy Geldenhuys  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.