Wat ’n ontroerende “Terugblik” (26.08) op ’n swaarwigtige, emosiebelaaide moment: Die ondertekening van die Vredesverdrag van Vereeniging.
’n Foto van die groep rondom die tafel in Melrose-huis sou die stempel geplaas het op dié meelewende, insigryke beriggewing.
Dankie, Fransjohan Pretorius, dat jy in jou rubriek geskiedkundige gebeure telkens vars en nuut aanbied.