Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dawie, speel jy sowaar rugby?

Dawie de Villiers was al ’n senior toe ek in 1962 in Dagbreek aankom. Drie jaar later, tydens ’n ernstige kniebesering wat hy opgedoen het, was hy my afrigter. Ek roep twee voorvalle rondom hom in herinnering.

Wynand Claassen, ook ’n oud- Springbok-kaptein, vertel hoe hy as jong seun briewe aan dié held van hom geskryf het. Elke brief is beantwoord – ’n besondere bedagsaamheid van iemand wat as Springbok tyd moes inruim in ’n besige program as kweekskoolstudent en rugbykaptein.

Dan, wat ’n verleë, asketiese kweekskoolmaat my meegedeel het. Hy is by De Villiers in sy kamer in Dagbreek. Onder De Villiers se bed staan rugbystewels. My maat se reaksie: “Ek het nie geweet jy speel rugby nie!”

Meer oor:  Dawie De Villiers  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.