Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Deel die oplossing hiervoor met almal

Die finale antwoord in ons kompleks saamgestelde samelewingsomgewing op die vraag waarom verkiesing ná verkiesing telkens nie ’n beter regeerbedeling op al drie vlakke van regering meebring nie, bly ons steeds ontwyk. Die jongste tussenverkiesings bevestig dit.

Duidelik gaan ’n voorspelbaar ongeneesbare doofstom-blindheid vir meriete en regeerbekwaamheid herhaaldelik as totaal onbelangrik by die kiesersmassa verby.

Faktore soos sibbe, strydende faksies, nepotisme, geweld, intimidasie en kaderontplooiing blyk ’n rol te speel in die aanwys van kandidate vir leiersposte, terwyl bevredigende dienslewering nie ’n prioriteit blyk te wees nie.

Ons word nimmereindigend feitlik daagliks getref deur die volgehoue sikliese herhaling van infrastruktuur- vernietigende protesoptredes tussen strydende groepe en owerhede, waaromtrent die vandale nie tot verantwoording geroep word nie. Hierdie afwaartse spiraal van vernietiging hou Suid-Afrika se groei en ontwikkeling as gyselaar aan en bied geen ontsnappingsroete nie.

Natuurlik het die protesgangers dikwels rede tot ontevredenheid wat direk uit onbekwame leierskap – deur die protesteerders self verkies – gebrekkige dienslewering en onvervulde beloftes spruit. Hierdie afwaarts volgehoue spiraal het ’n nasionale patroon geword.

Dat kiesers nie besef dat wat hulle kry, die resultaat van hul stem is en daarom alternatiewe opsies oorweeg nie, gaan alle redelikheid te bowe. Ten grondslag daarvan lê waarskynlik die volgende twee belangrike en oorkoepelende faktore, naamlik ’n diep gevestigde “Afrika-solidariteit” en ’n sterk anti-wit en -Westerse sentiment.

Wie ’n oplossing vir dié volgehoue wanfunksionele keusepraktyk van kiesers het, moet dit asseblief met ons almal deel.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Uitenhage  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.