Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Demokratiese volwassenheid nog nie bereik nie

As alles goed gaan, sal daar een van die dae weer ’n verkiesing van plaaslike besture plaasvind. Dit is deel van die demokratiese bestel dat die volk gereeld die geleentheid gebied word om hul keuse uit te oefen en te besluit wie die bewind sal voer oor die wel en wee van hul dorp of stad.

Die afgelope 27 jaar het hierdie verkiesings gereeld plaasgevind en word daar groot gewag gemaak van hoe goed die demokrasie hier werk – gereelde verkiesings wat glo almal vry en regverdig is.

’n Mens sou verwag dat ná die verkiesing die volk vrolik en bly en hoogs tevrede sou wees met hul verkose bestuur; dit is mos die mense wat hulle daar wou gehad het, nie waar nie? Maar nee, die ontevredenheid loop hoog en omtrent elke dag is daar iewers in die land een of meer protesoptredes waar die volk hul ontevredenheid met die verkose bestuur hard en luid verkondig.

Ek sou dan verwag dat by die eersvolgende verkiesing daardie volk hul demokratiese reg sou uitoefen en ’n nuwe bestuur instem. Dit is tog waarom daar ’n verkiesing is – sodat jy jou ontevredenheid met die bestuur kan toon deur hulle uit te stem?

En tog word dieselfde ou span weer deur die volk ingestem, met dieselfde onvermydelik daaropvolgende ontevredenheid en dieselfde protesoptredes! Hoe verstaan ’n mens dit? Ek verstaan dat die volk ingevolge die Grondwet ’n demokratiese reg het om te protesteer en dat die volk dit met groot graagte en toewyding ook uitoefen. Maar waarom hou hulle dan aan om steeds weer dieselfde span in te stem?

Ek vermoed dat die volk nog nie demokratiese volwassenheid bereik het nie. Die volk weet nie waarom daar verkiesings gehou word nie en dat dit die geleentheid is om jou demokratiese regte uit te oefen. Waarskynlik het dit tyd geword om die volk in hierdie opsig op te voed sodat die volk kan weet wat gedoen moet word om die gebrek aan dienslewering en die aanhoudende verbreking van beloftes te stop. Gaan stem en stem vir die mense wat bewys het dat hulle die ding kan doen.

En asseblief, wanneer jy weer vir die dieselfde ou span gestem het, moenie dan die strate invaar en die verkeer stop en onskuldige motoriste se motors met klippe gooi en winkels plunder en tekere gaan omdat jy weer nie dienste gelewer kry nie. Jy het daarvoor gevra, jy het dit gekry – wees bly!

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Demokrasie  |  Vryheid  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.