Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Denel se agteruitgang hartverskeurend

Dit was vanoggend (27.08) hartverskeurend om die artikel rakende Fitch se afgradering van Denel te lees.

Denel is ’n wêreldleier op die gebied van mynbestande voertuie – lees Surviving the Ride van Steve Camp en Helmoed-Römer Heitman – en sy produkte word oral, selfs deur die VSA, gebruik.

Die G5- en G6-artilleriestelsels word steeds gereken as van die beste 155 mm-stelsels ter wêreld, asook die ammunisie wat daarmee saamgaan. Die Rooivalk-aanvalshelikopter word deur baie as van die beste in sy soort beskou, en was dit nie vir Amerikaanse sanksies nie, sou dit aan baie lande verkoop kon word. Saam met hierdie is ook die helm-gemonteerde visier ontwikkel.

Gedurende die Grensoorlog is die V3-lug-tot-lug-missiel ontwikkel, asook die H2-bom en ons eie 122 mm-“Stalin-orrel”.

Luidens vroeëre berigte het die komitee belas met die goedkeuring van die uitvoer van konvensionele wapens maande laas bymekaargekom, wat Denel se uitvoerprogram ernstig in die wiele gery het.

Ek glo werklik dat Danie du Toit, voormalige uitvoerende hoof, sy bes vir Denel gedoen het, maar teen donderweer kan jy nie baklei nie. Hoe kon die ANC toelaat dat so ’n landsbate tot niet gaan? Gee hulle nie om nie, of weet hulle nie wat aangaan nie?

Dis erg genoeg wanneer staatsbates gekaap word en korrupsie hoogty vier, maar om so ’n bate tot niet te laat gaan skreeu ten hemele.

Meer oor:  Denel  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.