Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Die bloedsuier het 2 dogters’

Theo Stehle, Knysna, skryf: Te midde van die ekonomiese krisis, wat vererger is deur die Covid-19-krisis, woed die stryd tussen die opponerende faksies in die driepartyalliansie hewiger as ooit.

Dit is duidelik, as ’n mens die reaksie van leiers van die alliansievennote beskou op min. Tito Mboweni se voorstel dat die IMF genader word vir hulp in die bestryding van die pandemie. Hulle verwerp dit kategories op grond van die “verlies van die nasie se soewereiniteit”. Volgens Ace Magashule is Suid-Afrika se reg om midde-in ’n krisis sy eie beleid te bepaal “ononderhandelbaar”.

Soos voorspel kon word, is Cosatu en die SAKP alweer besig om druk op die regering uit te oefen om ondersoek in te stel na hoe “binnelandse bronne, insluitende die tap van pen­sioenfondse”, geld kan ontsluit.

Hierdie ideoloë sal nie rus voordat alle oorgeblewe vestings van ’n eens florerende vryemarkekonomie, soos die land se pensioenfondse, leeggetap is nie.

Soos Spreuke 30: 15 sê: “Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee!”

Meer oor:  Theo Stehle  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.