Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dié dag het die ref gaan druk!

Ek verwys na Charles Smith se rubriek “Afrikaanse mans mag ook maar huil” (26.04). Charles skryf van die hartseer wat veral bo 50 so maklik toeslaan. Dit laat my terugdink aan ’n gebeurtenis vroeg in die 1970’s toe die pa’s van vandag se o.9-laaities vroegoggend rugby gespeel het, kaalvoet in die spierwit ryp.

Daardie dag speel hulle teen ’n veel groter skool as Rouxville. Ek onthou spelers soos Charles Smith, wat losskakel was, Borrie Marx, vleuel, en Koos Smith, die haker. Ná aan die einde van die wedstryd was daar nog geen punte vir Rouxville op die telbord nie. Meteens gryp oom Ref die bal en gaan druk ’n drie vir Rouxville! Ons het beter gevoel!

Ek onthou die wedstryd goed, ’n o.11- of o.13-wedstryd. Die skeidsregter was Anton van Wyk, later skoolhoof van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein.

Hy het ’n teenstander geduik wat ’n drie wou gaan druk, die bal afgeneem en self deurgehardloop vir ’n drie.

Dit is seker die eerste en enigste keer in die wêreld dat ’n skeidsregter ’n drie gedruk het. Hy het toe die eindfluitjie geblaas. - Charles Smith

Meer oor:  My Stem  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.