Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die feite in die land spreek vanself

Ek vra onlangs iemand wie hy dink was die immoreelste, die apartheid- of die ANC-regering. Vir my was die antwoord nie moeilik nie. Laat my toe om te verduidelik.

Allereers moet ’n norm bepaal word oor wat immoreel behels, ten einde appels met appels te vergelyk. Kom ons aanvaar dat die opsetlike en/of nalatige doodmaak van ’n mens die hoogste vorm van immoraliteit is.

Die ANC-regering het jare lank die oorsprong van die MIV/vigsvirus ontken en in die proses aanbeveel dat mense knoffel en beet eet ten einde MIV/vigs te genees en bloot geweier om antiretrovirale middels beskikbaar te stel. Die hoogste hof in die land moes uiteindelik die regering dwing om die middels aan die bevolking te voorsien.

Betroubare bronne bereken dat meer as 300 000 mense in ons land weens die versuim aan vigsverwante siektes omgekom het. Voeg daarby die slagting van Marikana.

Tel dan by die meer as 20 000 moorde per jaar wat plaasvind omdat die regering blatant beheer oor misdaad verloor het, asook die oorledenes in die Life Esidimeni-tragedie.

Tel dan by die sterftes in swak staatshospitale. Kom ons tel by . . . nee wat, genoeg voorbeelde. Die antwoord op die vraag verg min intellek en nog minder insig. Die feite spreek oordonderend onaanvegbaar vanself.

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.