Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die geld wil hulle hê, nie die grond nie

Soms is die ANC se strewe na grondbesit amper ’n aanduiding dat ons terugkeer na die feodale stelsel van die Middeleeue. Daar is egter ’n belangrike verskil. Diegene wat grond aangebied word, het nie werklik erg daaraan om ’n boerdery op te bou nie. Hulle wil liewer die geldwaarde daarvan in die sak voel. Selfs ons minister van grondsake het nou die dag sy teleurstelling uitgespreek oor die houding van Suid-Afrikaners om, wanneer hulle tussen grond en geld moet kies, altyd die geld te kies.

Ook ons geliefde pres. Robert Mugabe het onlangs sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat al sy moeite met “grondhervorming” in Zimbabwe op niks uitloop nie.

Dit lyk of ons op pad is om dieselfde te doen. Net die tyd sal leer.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.