Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die geskiedenis is ongenaakbaar

Henry Jeffreys (13.11) bly duidelik op ’n ander planeet. Pres. Cyril Ramaphosa en sy kamerade moet 100% verantwoordelikheid aanvaar vir die gemors waarin ons ons bevind.

Die kripvreters voel vere vir die moeras waarin hulle ons laat beland het. Die geskiedenis bly ’n ongenaakbare beoordelaar.

Hul blinde lojaliteit gee hulle nie ’n vrypas om alle skuld op Jacob Zuma se skouers te pak nie. Toe Zuma tot verantwoording geroep moes word, het die kamerade, elkeen met hul eie geraamtes blyk dit nou, die geledere gesluit.

Ek salueer Andrew Feinstein wat liewer geloop het. Sy kamerade was doof en blind.

Enige bobbejaan kon die verskil tussen ’n swembad en ’n sogenaamde brandpoel sien, maar die swetende minister se verduideliking is met toejuiging aanvaar!

Die integriteit van Jeffreys se “messias” is onomkeerbaar vermink. Los asseblief jou “middelgrond”, Meneer, en neem standpunt in. Ek het immers jou mening deur die jare as gebalanseerd ervaar.

Die kripvreters voel vere vir die moeras waarin hulle ons laat beland het. Die geskiedenis bly ’n ongenaakbare beoordelaar.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.