Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Die Groot Griep het baie wyd getref

Baie dankie Bun Booyens vir ’n insiggewende skrywe oor die Groot Griep van 1918. Ek glo baie sal nooit besef hoe ernstig die situasie was nie en dat dit só wydverspreid voorgekom het.

My oorlede pa het op ’n plaas in die Noord-Kaap grootgeword en hulle was gelukkig nie daar geaffekteer nie.

My oupa (aan moederskant) was John Human en hy en ’n mnr. Pitt het ’n begrafnisonderneming in Wynberg, Kaapstad, gehad (Human en Pitt).

My oorlede ma (destyds ’n tiener) het dikwels vertel hoe geweldig besig hulle was ten tyde van die griepepidemie. Hul woonhuis, Glebe Cottage, was destyds die lykshuis ook. Glebe Cottage is aan die einde van die 1700’s gebou en is tans ’n nasionale gedenkwaardigheid.

Van my ooms was ook betrokke by die onderneming en hulle moes met die perdelykswa die lyke gaan haal. My oupa-hulle was van die weinige mense wat glo ’n telefoon gehad het.

By geleentheid moes hulle ’n lyk by ’n sekere adres kry en al wat hulle daar kon vind, was ’n smoordronk man.

Hy is na die lykshuis geneem, maar hy het blykbaar laat die nag wakker geword en toe hy sien waar hy was, het hy hom vinnig uit die voete gemaak, sommer deur die venster!

Eienaardig genoeg het nie een van hulle die griep gekry nie.

My tante, destyds in haar 20’s, het wel ’n erge keelaandoening gehad en omdat my grootouers bang was dat sy longontsteking of selfs tering kon opdoen, is sy Matjiesfontein toe ter wille van die droë klimaat.

Sy het in die hotel tuisgegaan en gedurende haar verblyf daar, het die skryfster Olive Schreiner ook daar gekuier. My tante het volkome herstel en is eers op 90-jarige ouderdom oorlede.

Meer oor:  Bun Booyens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.