Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Dié HK-lid van Minerva moet na vore kom

Ek wonder waarom die betrokke huiskomiteelid/lede van die Minerva-koshuis wat die praat en sing van Afrikaans probeer verbied het, nie aangespreek of aan die kaak gestel word nie.

Hoe is dit moontlik dat ’n student ’n gelyke kan onderdruk in Gestapo-styl en haar naam word nie eens bekend gemaak nie? Waarom het niemand haar nog uitgevra oor haar stompsinnige optrede en besluite nie? Die universiteit is ook doodstil – nie eens vae beloftes van “daar sal ondersoek ingestel word” word gemaak nie.

Op die internet word al 14 die huiskomiteelede van Minerva gelys – wie van hulle is die een wat nou te bang is om na vore te kom en verantwoordelikheid vir sulke domastrantheid te aanvaar?

As jy ’n huiskomiteelid is, is jy veronderstel om verantwoordelik en met waardigheid op te tree – in elk geval so lank as wat jy die pos beklee.

My volgende vraag is: Wat gebeur met sogenaamde oortreders van die Afrikaanse verbod? Hoe word hulle gestraf – geskors, beboet, geïntimideer of geboelie? En laat die “oortreders” dit maar daar? Kom hulle nie eens ’n klein bietjie in opstand nie?

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.